Stefan Burger

Na twee dae van effe siek wees (en ek post nie oor naweke nie) is ek terug, en die volgende persoon wat ek vyf vrae voor vra, Stefan Burger

Stefan Burger. Bedags is ek ñ kliniese sielkundige by ñ skool vir gedragsmoeilike seuns op ñ plaas in die Vrystaat. Na-ure neem ek fotos, skryf songs en gedagtes en reël konserte op die plaas. My eerste CD Die Rooipoort gesange het vroeg Augustus die lig gesien danksy die Wasgoedlyn.

1. Wat is jou favourite local balad?

Herman Kleinhans – Vir Megan

Herman vat woorde en versnit dit tot ñ donker diep mooiste rooiwyn. Sonder om soetsappig te raak. En sy stem en styl is uniek herkenbaar.

2. Wat is jou favourite one hit wonder?

Gorky Park – Bang

Dis al hit wat ek van weet. Ons het opgetof en militêr geklee op busse gery om iewers drilpeleton trots te gaan openbaar. En dan dié band geluister omdat hulle die kommuniste se vlag op hul tape gehad het. Ons wou protesteer, Maar was nie seker hoe of hoekom nie.

3. Jou favourite 90’s song?

Pearl Jam – Jeremy

Ek was midde my sielkunde studies. En die song het my perspektief oor mense en hul dade in flarde geskeur. Vandag meer relevant as ooit. Daagliks in my werk.

4. Wat is jou gunstelinig kampvuur song?

Valiant Swart – Vrydag in die Vrystaat

Want dis hoe dit is…..daar is net die een video beskikbaar. Die Nagrit CD weergawe rock vroliker

5. Wat is jou gunsteling song van 2017?

Willim Welsyn – Dis Vreemd (maar ons post die video van Al die cool kinders , want Dis Vreemd het nie ‘n video op die oomblik nie)

Dit Kan daagliks verander. Maar as ek nou moet kies….Willim Welsyn se Dis Vreemd. Beste rock ñ roller in die land. Die video van Al die Cool kinders het my uitgefreak omdat Erica Wessels ook nog so damn intriguing is.

Advertisements