Henno Kruger

Vandag is dit die beurt van Henno Kruger

Bedags is ek ‘n digital bemarker vir ‘n aanlyn publikasie maatskappy. Behalwe dit blog ek al sedert 2008 op my website, http://rwrant.co.za. Ek skryf baie oor Suid-Afrikaanse musiek. Ek dabble ook bietjie nou en dan in fotografie as ek feeste bywoon waar van my gunsteling kunstenaars speel.

1.Wat is jou gunsteling song wat nie Afrikaans of Engels is nie

Antionio Banderas en Los Lobos – Cancion del Mariachi

Dis verseker nie “Despacito” nie, glo my. Daai tune wat Antonio Banderas gesing het in “Desperado” is probably my favorite. Ek’s nie seker wat die naam is nie.

2. Wat is jou gunsteling local pop song

Brenda Fassie – Vulindlela

Ek moet erken ek dabble nie baie in pop musiek nie, maar ek moet se dat ek nogal ‘n groot fan van Brenda Fassie se “Vulindlela” in my top 3 is.

3. Wat is jou gunsteling song deur ‘n duo

Francois van Coke en Karen Zoid – Toe vind ek jou

Ek’s mal oor “Toe Vind Ek Jou” – Francois Van Coke & Karen Zoid

4. Wat is jou gunsteling song wat jy al die meeste live gesien het

Fokofpolisiekar – Hemel op die Platteland

Call me old school, maar ek love nog steeds “Hemel Op Die Platteland” deur Fokofpolisiekar. Daar is min songs wat ‘n impak so groot soos die ene op my gemaak het in my bestaan.

5. Wat is jou gunsteling song vir 2017

Royal Blood – How did we get so dark

Hierdie is ‘n tricky ene, maar ek sou sê – Royal Blood se “How Did We Get So Dark?” (FYI: Die hele album is nogals befok, so luister dit as julle nog nie het nie)