Christo Kleinhans

Vandag begin ek met ‘n splinternuwe blog waar ek met mense vrae vra oor hulle musiek smaak. Elke persoon kry 5 vrae, wat hulle moet antwoord in die vorm van ‘n musiek video. Eerste aan die beurt is Christo Kleinhans (@Christo_K)

Ek is Christo Kleinhans, eks ‘n finansiele bestuurder by ‘n vervaardigingsmaatskappy en speel ook graag dromme. Musiek is baie na aan my hart en ek is deel van ‘n gesin van musikante (Herman Kleinhans van TWEE en Charel Kleinhans van My Castle in Spain)

1.Wat is jou gunsteling song, wat ouer as jy is?

Junior Wells – Cryin Shame.

Ek het die live video van hierdie liedjie gekies want dit beeld baie van die passie van die blues musikante van daardie dae uit. Buddy Guy op kitaar is een van my gunsteling blues kitaarspelers. Die video vat mens terug na ‘n klein blue club in ou Chicago en dit voel vir my asof dit presies is hoe blues geniet moet word. ‘n Honorable mention is wel The Cure se Open (okay, dis nie ouer as ek nie, maar ek was 1 jaar oud), dit sou my tweede keuse wees. Die manier waarop die musiek die lirieke se tema komplimenteer is vir my geniaal en dit was vir ‘n baie lang tyd tot ‘n mate hoe my lewe was.

2.Wat is jou gunsteling local song?

TWEE – Sink

Om vir jare lank deur hierdie ongelooflike talente sanger aan die slaap gesing te word, maak dit onmoontlik om nie een van sy liedjies as my gunsteling local liedjies te kies nie.

3.  Wie is jou all time favourite female vocalist?

Alabama Shakes – Hold On.

Hierdie vrou se stem is net vir my ongelooflik, veral nadat ek die eerste keer hierdie live video gesien het. So uniek en goed!

4. Wat is jou guilty pleasure song?

Taytay – Bad Blood

Ek gaan niks verder hieroor se nie.

5.  Wat is jou fav song van 2017?

The Districts – If Before I Wake.

Die line, “ Too blessed to be depressed, thank JesusGod I’m bending over, love me”, en die musiek wat rondom dit gespeel word is vir my net te goed en relevant op my lewe op die oomblik. Ek geniet die eerlikheid van die liedjie. Die skrywer erken selfs dat hy dink hys ‘n narsisis, wat nogals ‘n groot ding is om te erken.

Advertisements