Vetman van der naam

Die 2de persoon vir wie ek ‘n paar vrae gevra het, is Vetman van der Naam, aka Jurie Neethling

Hallo, eks die Vetman. Fotograaf en grafiese ontwerper. Deur die dag teken ek prentjies en in die aand neem ek prentjies. Ek lewe vir harde musiek in my ore.

1. Wat is jou favourite song wat ouer as jy is

Black sabbath – Never say die

Want Black Sabbath! Hulle was my eerste metal band wat ek begin luister het en sal altyd my gunstelling band wees. Probably die grootste fan op aarde

2. Wat is jou favourite 70’s song

Queen – Bohemian Rhapsody

Die song is pretty als wat jy in n song wil he? Dis n moerse legend song en hy sing so lekker as jy n paar knertse in het

3. Wat is jou favourite Afrikaanse song

Johannes Kerkorrel – Almal moet gerook geraak

Ek lewe vir Johannes Kerkorrel, hy is my grootse afrikaanse idol. Wat hy gedoen het vir afrikaanse musiek is amazing en sal altyd dankbaar wees vir wat hy gedoen het! Eet Kreef!

4. Wat is jou favourite chill song

Angus and Julia Stone – For you

Vir 9 jaar is hulle net vir my daai perfect band om rooi wyn op te drink en kak hard te chill. As jy net wil ontspan dan gooi jy die nommer kliphard in jou gesig.

5. Wat is jou favourite song van 2017

Arch Enemey – The World is yours

As ek nou vinnig moet dink moet dit vir my die song van die jaar wees. Soveel ballas en hard en om te dink dis n sheila wat so skree. Die song moet jy op sy hardste luister/

Advertisements

Christo Kleinhans

Vandag begin ek met ‘n splinternuwe blog waar ek met mense vrae vra oor hulle musiek smaak. Elke persoon kry 5 vrae, wat hulle moet antwoord in die vorm van ‘n musiek video. Eerste aan die beurt is Christo Kleinhans (@Christo_K)

Ek is Christo Kleinhans, eks ‘n finansiele bestuurder by ‘n vervaardigingsmaatskappy en speel ook graag dromme. Musiek is baie na aan my hart en ek is deel van ‘n gesin van musikante (Herman Kleinhans van TWEE en Charel Kleinhans van My Castle in Spain)

1.Wat is jou gunsteling song, wat ouer as jy is?

Junior Wells – Cryin Shame.

Ek het die live video van hierdie liedjie gekies want dit beeld baie van die passie van die blues musikante van daardie dae uit. Buddy Guy op kitaar is een van my gunsteling blues kitaarspelers. Die video vat mens terug na ‘n klein blue club in ou Chicago en dit voel vir my asof dit presies is hoe blues geniet moet word. ‘n Honorable mention is wel The Cure se Open (okay, dis nie ouer as ek nie, maar ek was 1 jaar oud), dit sou my tweede keuse wees. Die manier waarop die musiek die lirieke se tema komplimenteer is vir my geniaal en dit was vir ‘n baie lang tyd tot ‘n mate hoe my lewe was.

2.Wat is jou gunsteling local song?

TWEE – Sink

Om vir jare lank deur hierdie ongelooflike talente sanger aan die slaap gesing te word, maak dit onmoontlik om nie een van sy liedjies as my gunsteling local liedjies te kies nie.

3.  Wie is jou all time favourite female vocalist?

Alabama Shakes – Hold On.

Hierdie vrou se stem is net vir my ongelooflik, veral nadat ek die eerste keer hierdie live video gesien het. So uniek en goed!

4. Wat is jou guilty pleasure song?

Taytay – Bad Blood

Ek gaan niks verder hieroor se nie.

5.  Wat is jou fav song van 2017?

The Districts – If Before I Wake.

Die line, “ Too blessed to be depressed, thank JesusGod I’m bending over, love me”, en die musiek wat rondom dit gespeel word is vir my net te goed en relevant op my lewe op die oomblik. Ek geniet die eerlikheid van die liedjie. Die skrywer erken selfs dat hy dink hys ‘n narsisis, wat nogals ‘n groot ding is om te erken.